|
Goeiedag aan die Du Preez's van Springbokpan Gasteplaas!
Ons
is veilig terug by ons huise na ons onvergeetlike, heerlike besoek aan
Mabuasehube en Kgalagadi-parke. Ons het Saterdagaand 27 September 2008
by julle oornag.
Baie
dankie eerstens vir die gasvryheid daar by julle. Julle het waarlik 'n
oase geskep daar op Springbokpan waar stadsjapies soos ons, vir oulaas
kon (diep!) asem skep en in luuksheid kon skoon kom en rustig kon kuier
rondom die vuur voor die onbekende wat voorgelê het, aangepak was.
Tweedens, baie dankie Fernando, vir jou raad en inligting rakende die
tyd spandeer op die pad na Mabuasehube-hek. Ons het toe wel 6 en 'n
half uur gery tot by die hek en as ons wel deurgery het, sou ons baie
laat daardie aand daar aangekom het, en in die donker sou dit nog langer
geneem het.
Derdens 'n baie groot dankie, Fernando, vir jou bereidwilligheid en hulp
en baie belangrike stukkie inligting oor die Park-personeel se
Maandagoggende-rit na en van Tsabong via radio-verbinding. Ons kon toe
binne 'n paar uur reel dat 'n nuwe battery (wat 'n absolute
noodsaaklikheid was aangesien die ou een nie eers wou laai nie) vir ons
voertuig vanaf Tsabong saamgebring word en kon ons toe ons vakansie
verder geniet. Sonder hierdie belangrike 'tip' sou ons baie meer
gesukkel het - veral omdat die volgende 2 dae vakansiedae was! Dankie
ook vir jou bereidwilligheid en aanbod om 'n battery saam met jou
volgende gaste/besoekers te wou/kon saam-stuur. Sulke hulpvaardigheid
sien mens nie sommer deesdae nie - hoop dat jy nog baie geseen sal word
oor hierdie baie mooi eienskap!
Springbokpan se goeie reputasie loop hom vooruit en ons het dit nou self
ervaar.
Hoop
dat julle nog lank en baie suksesvol in die bedryf sal wees!
Bos-groete
Pine Pienaar en gesin en die Du Toit-gesin |